⚡ Blitslees Klanke is ’n interaktiewe spoedlees boekie wat ontwerp is om jong lesers te help om klanke vinniger te herken, woorde makliker te lees en selfvertroue in Afrikaans te bou! Hierdie boekie fokus op die belangrikste klankies – a, e, i, o, u en y. Hierdie boekie gee kinders die geleentheid om dieselfde woorde oor en oor te oefen om leesvlotheid te verbeter.
Elke bladsy bevat eenvoudige, ouderdomsgepaste woorde wat spesifiek gekies is om kinders te help met klankherkenning, woordbou en vinniger lees. Leerders lees die woorde drie keer (“1ste lees”, “2de lees”, “3de lees”), wat help om spoed, akkuraatheid en selfvertroue op ’n natuurlike manier te ontwikkel. Die herhaling help kinders om minder te klank en meer vlot te begin lees.
Hierdie hulpmiddel is perfek vir:
⭐ Graad 1 en Graad 2 leerders
⭐ Kinders wat ekstra leesondersteuning benodig
⭐ Tuisskool gebruik
⭐ Remediërende ondersteuning
⭐ Daaglikse lees oefening by die huis of in die klaskamer
Die eenvoudige uitleg, groot woorde en oulike illustrasies maak lees minder intimiderend en baie meer opwindend vir jong leerders. Kinders kan hul eie leestye invul en probeer om elke keer vinniger en meer selfversekerd te lees. Dit maak van lees oefening ’n lekker uitdaging eerder as harde werk!
Blitslees Klanke is die perfekte hulpmiddel om fondamentvaardighede in Afrikaans te versterk terwyl kinders speel-speel leer lees.
Hierdie digitale PDF hulpbron is maklik om af te laai en te druk vir herhaalde gebruik by die huis of in die klas. ✨📚🚀
Hierdie hulpmiddel mag onder geen omstandighede herverkoop word of versprei word nie.









Reviews
There are no reviews yet.