“Slim met Rymwoorde” is ’n anders en eenvoudige hulpmiddel wat leerders help om rymwoorde te herken, lees en skryf. Hierdie boekie is ideaal vir beginners wat klanke en woordfamilies op ’n visuele en interaktiewe manier oefen.
Hierdie hulpmiddel bevat:
- 10 verskillende rymwoord aktiwiteite
- Prentjiegebaseerde leeraktiwiteite
- Oefeninge waar leerders die regte woord by die korrekte prent pas
- Skryf- en leesaktiwiteite vir vroeë taalontwikkeling
- Herhaling van klanke en woordpatrone om selfvertroue te bou
Hierdie boekie help leerders om:
- Rymwoorde te herken
- Klanke en woordfamilies te verstaan
- Leesvaardighede te verbeter
- Basiese spelling te oefen
- Selfstandig te werk
- Fynmotoriese vaardighede deur skrif te ontwikkel
Perfek vir:
- Graad 1
- Graad 2
- Afrikaans Huistaal
- Ekstra oefening by die huis
- Remediërende ondersteuning
- Taalstasies en oggendwerk
Alle hulpmiddels is digitaal en moet self gedruk word.









Elmari Jooste (verified owner) –
Baie oulike boekie