Graad 1 Wiskunde Bundel + GRATIS Getalle Assessering Boekie
Help jou Graad 1-leerder om selfvertroue in Wiskunde te bou met hierdie propvol bundel vol praktiese, pret CAPS-gebaseerde aktiwiteite. Hierdie bundel bevat meer as 350 bladsye se oefeninge, aktiwiteite, hoofrekene, data, kalendertyd en woordsomme – perfek vir ekstra oefening by die huis of in die klas.
Spaar 50% met hierdie ongelooflike bundel.
Wat is ingesluit?
• Graad 1 Ondersteuning boekie WISKUNDE
’n Propvol 160-bladsy werkboek wat al die belangrike Graad 1 Wiskunde konsepte dek – van getalle en plekwaarde tot tyd, geld, data, vorms en woordsomme.
• Graad 1 Wiskunde Hoofrekene
Bou spoed, selfvertroue en akkuraatheid met prettige hoofrekene oefeninge wat perfek is vir daaglikse oefening.
• Graad 1 Wiskunde 1 000 somme
1 000 CAPS-gebaseerde somme wat fokus op optel, aftrek, patrone, verdubbeling, halvering en basiese woordsomme – ideaal vir ekstra inoefening.
• My eenvoudige boekie oor data
’n Oulike en eenvoudige inleiding tot datahantering, grafieke en sortering vir jong leerders.
• My groot kalender werkboekie
Leer alles oor dae, maande, datums, seisoene en tyd met prettige kalenderaktiwiteite.
• My woordsomme boekie
Help leerders om Wiskunde beter te verstaan deur praktiese en ouderdomsgeskikte woordsomme.
BONUS: GRATIS Graad 1 Getalle Assessering Boekie ingesluit.






































Reviews
There are no reviews yet.