Maak oggendwerk lekker, kreatief en eenvoudig met hierdie 10-week Kreatiewe Skryf bundel! Hierdie hulpbron is spesiaal ontwerp vir jong leerders om elke oggend op ’n lekker en ontspanne manier hul skryfvaardighede te oefen.
Hierdie hulpmiddel is in PDF en Powerpoint formate.
Elke dag bevat ’n kort, kreatiewe skryfopdrag wat perfek is vir:
✏️ oggendwerk
✏️ vinnige skryfaktiwiteite
✏️ kreatiewe denke
✏️ klasbesprekings
✏️ leerders wat vroeg klaar is met hulle werk
Die aktiwiteite neem slegs ongeveer 10-15 minute per dag en help leerders om:
- selfvertroue in skryf te bou
- kreatief te dink
- sinne en idees te ontwikkel
- hul verbeelding te gebruik
- ’n liefde vir skryf te ontwikkel
Hierdie bundel bevat:
- 10 weke se kreatiewe skryf
- 5 temas per week
- “Wat as…?” vrae
- motiverende, snaakse en verbeeldingryke onderwerpe
- bonus idees op elke bladsy
Die temas sluit in:
- Maandag Motivering
- Dinsdag Stories
- Woensdag Wonder
- Donderdag Denke
- Vrolike Vrydag Vryskryf
Perfek vir:
- Graad 1-3 leerders
- Klaskamers
- Tuisskool
- Oggendwerk
- Kreatiewe skryf periodes
Laat leerders elke oggend met ’n glimlag begin terwyl hulle hul verbeelding laat groei!
Afrikaans is 100 FREEBIE - 50 Afrikaanse liedjies 











Lelani Gunter (verified owner) –
Dis ‘n fees om werkies hier te kry, my dogtertjie geniet dit baie en dit help haar ook baie. Ek glo hierdie freebie Gaan presies dieselfde vir haar doen.
Nadia De Jager (verified owner) –
Hierdie boekie is baie oulik, dit is wonderlik om die kinders se antwoorde te hoor en lees, dit help hulle om meer uit die boks uit te dink en soms hulle eie unieke stories te maak.
Nadia Van der Westhuizen (verified owner) –
Een van die bestes nog! Hierdie is goud werd vir kinders se kreatiwiteit. Ek kan nie wag om eendag hierdie kinders se opstelle in die hoërskool te lees nie. Ek is seker daarvan dit hierdie hulpmiddel hulle net ‘n voorsprong kan gee.
Amanda Burger (verified owner) –
Ons geniet hierdie hulpmiddel baie. Baie dankie vir elke boekie wat jy tot ons beskikking stel.
Lizann Wolhuter (verified owner) –
Dit sal die kinders so help met kreatiewe skryfwerk. Dis verskriklik oulik!